Die kinders het in alle opgewondenheid hul plakkate versier om Nella mee te verwelkom. Nou ja, soos dit toe moes wees, reën dit heerlik! Gelukkig het ons darem Etienne se lekker groot sambrele wat hy vir werk gebruik gehad.
Nou ja, om 'n prentjie van Port Macquarie se lughawe te kry - dink net aan 'n plekkie tussen niks en nêrens! Die "run-way" is reg langs die parkeer area. Ons het toe die sambrele gevat en gaan wag staan langs die heining - ons wou mos eerste die vliegtuig sien! Nie dat daar baie vliegtuie land nie...ek reken daar kom net een keer 'n week 'n vliegtuig!!
Die vliegtuig land toe een twee drie...en kom maak toe so swierige draai en so 'n klein stoppie voor by ons (ons reken die "pilot" het ons gesien en toe so 'n stadige draai reg voor ons kom gooi!)....gelukkig het Anel ons gesien!
Vliegtuig in aankoms |
Touch down! |
Bianca vind die vliegtuig (soos sy sê) - too loud! |
Na so rukkie kry ek 'n sms van Anel - vanuit die vliegtuig gestuur - dat sy ons gesien het en die omie langs haar moes seker dink sy is bietjie mal - het bietjie trane in die oë gekry!
Daarsy, veilig by ons in Port Macquarie en almal baie bly om mekaar te sien! Nou begin die groot kuier!
WELKOM NELLA - ONS HOOP JY GENIET JOU KUIER HIER BY ONS!
No comments:
Post a Comment