Na ons die kersboom opgeslaan het, het ons die kinders bietjie strand toe gevat - terwyl die son lekker skyn!
Kyk, Ruan is omtrent soos 'n vis in die water - hy geniet om gate uit in die water! Ons is net te stadig om by die water uit te kom - natuurlik moet daar mos nou eers sonroom gesmeer word en al daardie dinge - en dan kan hy ons tog so aanjaag!
Maar die 2 Olivier manne het nou heerlik baljaar in die water - ou Ruan is so moeg gespeel dat hy sommer vroeg vroeg bed toe is die aand! Bianca is maar nog skrikkerig vir die water - eintlik dink ek dit is meer van die gevoel hoe die water terug trek en dan wanneer jou voete so ingesuig word in die see sand. Ek moes haar maar die heeltyd dra maar het haar darem so vêr gekry dat ek haar met haar rug so deur die brander kan trek!
Monday, December 5, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment