Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, January 27, 2012

Ruan gaan groot skool toe

Ons het vanoggend Ruan gaan inskryf by die skool vir Kindergarten (soos wat julle in Suid-Afrika dit ken as Gr. 0)...hier gaan hulle mos Kindy toe in die jaar wat hul 5 word en begin Gr. 1 op 6.

Ruan begin by sy nuwe skool, http://www.hastings-p.schools.nsw.edu.au/, op Vrydag, 3 Februarie 2012.

Learning Growing Caring, is hul Motto (leuse) en dit is presies wat ek vir Ruan wens en hoop hy sal saam met hom dra in die toekoms.

Ons het ook sy uniform en skool sak gekoop - waarvan ek later sal fotos blog.  Ruan is vreeslik opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging en avontuur - genoem SKOOL!

Wel, vir hierdie ma was net die inskrywing 'n ervaring, wat nog te sê vir die eerste dag van skool?  Sal maar sien hoe dit gaan volgende Vrydag! 

Ruan,

Ons Gogga-bom,

mag hierdie nuwe pad wat jy gaan betree
vir jou die mooiste en beste herinneringe
bring.

Tea for two, please!

Ek het die kinders se cubby house ingedra op die stoepkamer...dan kan hulle dit meer benut, veral as dit reën ook.

Die kinders het heerlik gespeel en selfs begin kos maak in hul huis...net daar en dan het Bianca besluit sy is nou lus vir 'n regte egte tea party...nou ja, toe dink ek mos gou vinnig....ongelukkig kon ek nie so gou 'n geskikte tafeldoek kry nie, en moes die Aussie vlag waarmee Ruan die oggend gespeel het, toe maar dien as 'n tafeldoek.




Ek het vir hulle 'n paar versnaperings uitgesit en bietjie koeldrank, toe is daar behoorlik gekoek-en-tee!



Art & Craft time

Ons het onsself weer so bietjie verbeel ons is Picasso en weer bietjie art & craft gedoen.  Hierdie keer 'n bietjie iets anders as net die gewone, spoeg-en-plak of verf...ons het "shirt dyeing" gedoen.

Ek moes eers bietjie vooraf beplanning doen en het die nodige goed vir ons aktiwiteit aangeskaf.

Eerstens het ons ons wit hempde uitgespoel en toe gevorm met rekkies ensovoorts om die nodige vorms aan te bring soos ons dit gedye wil hê...toe is die hempde is 'n brousel geweek vir 20minute. 



In hierdie tyd het ek gou die dye aangemaak en ons "canvas" opgestel en ook my twee vernuftige kunstenaars geprep....

Toe is dit lekker verf en dye tyd jong.  Bianca was glad nie skaam met haar dye nie en Ruan het met baie konsentrasie sy hemp gekleur.







Die eind resultaat.....baie baie geslaagd en sit die twee Picasso'tjies vandag elkeen met 'n unieke hemp!


Ruan se hemp

Bianca se hemp

Jumbos Playland

Die afgelope paar dae was die weer hier in Port Macquarie maar triestig en baie reënerig.  Die kinders wat gewoond is buite speel of strand toe gaan, het naderhand begin kriewelrig raak in die huis.  Ek het hulle toe Jumbos Playland (http://www.jumbosplayland.com.au/) toe geneem vir 'n goeie speel sessie en energie verbrand!  Jumbos is 'n binneshuise speelpark...uitgerus vir kinders...van karretjies ry, glybane, "dress-up" huisies..."the works" soos die Engelse sal sê...

Genugtig, uitgehonger vir lekker speel is om dit lig te stel hoor!  Ek moes hulle omtrent aan die ore terug sleep tafel toe net om 'n paar slukkies water te kom drink!  Ag, darem lekker om kind te wees jong...en speel bly die lekkerste lekker!

Bianca het gou gou 'n paar maatjies bymekaar gekry en die het toe heerlik saam gedress-up en gegly.  Bianca is mos nie links nie en sal sommer die eerste beste maatjie nader trek en dan sommer vra "whats your name?"...Ruan aan die anderkant, doen presies soos die boere gewoond is om te sê...kyk die kat uit die boom uit! 












So lyk van die "dress-up" playhouses wat hulle daar het.



Dit was heerlike speel, en daarna is ons huis toe...en soos ek voorspel het, is hulle gô's uit en het hulle altwee 'n middag slapie geniet.

Ricardoes Tomatoes & Strawberries

Ek en die kinders het bietjie by Ricardoes Tomatoes & Strawberries (http://www.ricardoes.com/)
 gaan kuier om so bietjie strawberries te pluk.

Die kinders was vreeslik opgewonde...ek het hulle so bietjie vertel van strawberries en dat dit op 'n plaas gegroei word.  Altwee kinders het in daardie sin van my, elkeen net een woord gehoor...Ruan = farm en Bianca = strawberries! 




Gewapen met ons benodighede om die strawberries te pluk het ons deur gewandel na die tonnels waar die strawberries gegroei word.












'n Lekker grootte...amper my handpalm vol gelê!


Sjoe, maar die strawberries lyk goed en sappig, en ons het 'n hele paar groot strawberries gekry.  En sappig jong, van die lekkerste strawberries wat ek al geeët het.

Thursday, January 12, 2012

03/01....A Sad Goodbye

Te vinnig het die tyd verby gegaan...te vinnig het Anel se kuiertjie omgevlieg.  Vandag vlieg sy terug S.A. toe en ons weet nie wanneer ons mekaar weer gaan sien, in lewende lywe nie.

Vroeg het ons opgestaan om Anel lughawe toe te neem - haar vlug Sydney toe het om 06:30 vertrek.  Om totsiens te sê was nog nooit lekker of maklik nie.

Anel, baie dankie vir 'n heerlike tyd saam met jou.  Dankie dat jy vir ons hier in Australie kom kuier het.  Ons gaan jou baie mis en kyk uit na ons volgende kuiertjie saam...

02/01...Anel se laaste surf

Die middag het ons weer strand toe gegaan dat Anel darem vir so laaste keer bietjie kan surf - sy vlieg mos die volgende oggend (3 Jan) terug S.A. toe.

Die strand was nogals besig en was daar ook 'n baie sterk see-stroom waarna 'n mens ook moes oplet en in gedagte hou. 

Daarsy, hoop Anel het haar laaste uur of twee langs en in die strand geniet.

Ai tog as daardie ou net nie in die pad was nie...



Etienne speel bietjie met die kinders in die water en sand.







"Doing it surfer style...!!"


02/01...Bago Vineyards

Nou ja, vandag is die ou lywe so bietjie stram en seer van al die gesurf dat ons vanoggend dit bietjie rustig vat.  Etienne het met die vorige dag se gesurf en brander gevang wat toe besluit het om hom teen die sandbank vas te gooi - vandaar 'n blou-oog of soos 'n mens dit eerder sal beskryf, 'n "sand-burn".  Nou ja, aangesien dit nog op Nuwejaar gebeur het wil niemand natuurlik glo dat dit van 'n brander afkomstig was nie...

Ons het besluit om na die naburige dorp, Wauchope deur te ry en een van hulle plaaslike wingerde te gaan besoek.

Ons is deur na Bago Vineyards (http://www.bagovineyards.com.au/).  As 'n mens verlief kon raak op 'n plek, is ek nou verlief op die plek. 




Maar ook seker net omdat alles so mooi saam gespeel het...mooi weer, lekker geselskap en heerlike Port tesame met 'n "cheese platter".

Ons het rustig deur geloop en so bietjie met die eienaar gestaan en gesels oor hulle wyne en Port en toe vir ons elkeen 'n glas Port saam met die cheese platter bestel waar ons dit rustig en vreedsaam op die veranda gaan nuttig het. 


















Daarna het ons bietjie deur die wingerd geloop en lekker rond gebaljaar op die gras. 

Verbode vrugte...!











Die kinders het tot hulle talente bewys as moontlike toekomstige fotograwe!  Moet sê hulle het hulle goed van hul taak gekwyt!




Die 2 modelle

Ruan, die amateur fotograaf, se model

Natuurlik is ons toe huis toe met 'n bottel Port of twee!  Dit is die heerlikste Port wat ek nou in 'n lang tyd geproe het...glo dat Bago Vineyards weer van die Oliviere gaan sien!