Ruan begin by sy nuwe skool, http://www.hastings-p.schools.nsw.edu.au/, op Vrydag, 3 Februarie 2012.
Learning Growing Caring, is hul Motto (leuse) en dit is presies wat ek vir Ruan wens en hoop hy sal saam met hom dra in die toekoms.
Ons het ook sy uniform en skool sak gekoop - waarvan ek later sal fotos blog. Ruan is vreeslik opgewonde oor hierdie nuwe uitdaging en avontuur - genoem SKOOL!
Wel, vir hierdie ma was net die inskrywing 'n ervaring, wat nog te sĂȘ vir die eerste dag van skool? Sal maar sien hoe dit gaan volgende Vrydag!
Ruan,
Ons Gogga-bom,
mag hierdie nuwe pad wat jy gaan betree
vir jou die mooiste en beste herinneringe
bring.
No comments:
Post a Comment