Vroeg oggend - met ons oggend boeretroos so in die hand - het Etienne (want sien, Kersvader het darem vir Etienne gevra om hom te help) die geskenkies uitgedeel. Sjoe maar die kinders was omtrent opgewonde! Hulle is baie in hulle noppies met hulle nuwe geskenke en weereens wil ons baie dankie sĂȘ vir Kersvader (...lees asseblief tussen die lyne, al die oumas en oupas, ooms & tannies en vriende!!) vir ons mooi geskenke!
Etienne vreeslik gaande oor hierdie geskenk van Owen af...wonder hoekom!!! |
Prinses rok en skoene vir onse eie prinsessie.
Etienne gaan beslis hierdie geskenk gebruik!! |
Kinders was mal oor hul "remote controlled" karre.
Die kinders het gou van hul geskenke gaan aantrek en vir ons gepose vir 'n foto of twee.
Ek en Anel het toe die kinders saam met Etienne by die strand gelos vir so bietjie lyf natmaak en terug gekom huis toe om die kersete en tafel klaar te maak. Na so rukkie het ek vir Etienne en die kinders gaan haal waarna ons toe aangesit het vir 'n heerlike kersete - gevolg met die belangrikste natuurlik - kerspoeding!!!
Trifle vir kerspoeding! |
No comments:
Post a Comment