Ons het hierdie dag begin om by Cafe Fondue te gaan koffie drink. Ek het 'n Iced Mocha bestel en Anel en Etienne beide iets saam met 'n chocolate shot! Die kinders het ook hulle baby-chino's geniet.
Vandaar is ons na die Koala Hospitaal (http://www.koalahospital.org.au/) toe. Koalas is nogals baie interessante diere - soos ons nou weer by die hospitaal uitgevind het, asook nou die dag by die Koala Park.
Die hoof redes vir die hospitaal is om Koalas te versorg en te verpleeg. Die hoof oorsake ook hoekom Koalas na die hospitaal gebring word is as gevolg van motor ongelukke waar die Koalas raak gery word en ook honde aanvalle - blykbaar is honde en koalas nie juis vriendelik gesind met mekaar nie! Dan is daar ook redes soos "dehydration" en uitputting as gevolg van dehydration. Die Koalas kan ook net sekere soorte van die Eucalyptus Boom eet, ander kan baie nadelig wees vir hulle. Die Koalas drink ook nie water nie aangesien die voeding wat hulle van die Eucalyptus Boom kry genoeg vloeistof bevat. Maar as die koala so erg aan dehydration ly, word daar vir hulle vloeistowwe ingegee.
Die hospitaal bestaan geheel en al op 'n volunteer basis en is word bedryf deur donasies en bydraes. Daar is ook baie sukses stories maar soos met enige hospitaal en lewe is daar ook die lief en leed....
Ons het bietjie gaan rondkyk hier by die hospitaal en was toe so gelukkig om 'n besoeker koala buite die hospitaal in 'n boom raak te sien asook 'n uil-paar.
Wednesday, January 11, 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment