Life is either a daring adventure or nothing.

Wednesday, January 11, 2012

30/12..Timbertown (Part 1)

Ons het deurgery na die volgende dorp toe, Wauchope - wat uitgespreek word "war-hope" en nie "wau-tjoppie" soos onse ou Afrikanertjies dit eers uitgespreek het nie!  Daar is Timbertown, amper 'n dorp - of eerder plek - soos Pelgrims Rus in Suid-Afrika.


Timbertown is more than a heritage village! With many retailers located within the park, Timbertown is the place for shopping... With unique wares and gifts - Timbertown has something for everyone!

Set amongst 87 acres of natural forest, Timbertown is an entire village, re-created to demonstrate the struggles and achievements of our pioneers. It's an authentic heritage township, where the Horse and Carriage still runs, timber is still sawn and the bullock team still hauls it's heavy load. You'll smell the distinctive aroma from the steam engines, the smell of sawn timber and the smell of home style cooked meals.

Timbertown is considered by many to be one of Australia's finest Heritage Parks. Since opening in 1976, approximately 2,000,000 people have visited Timbertown from all parts of Australia and from around the world.

Hier het ons almal so bietjie "trigger-happy" met die kamera geraak en tussen my en Jolene het ons omtrent 'n magdom fotos geneem - so om dit so bietjie makliker te maak gaan ek dit 'n bietjie verdeel.  So, as julle aan die gatkant van die blog post begin lees, weet maar hoekom....







  

Etienne bekyk bietjie van die hout wat uitgestal word.





Sjoe, bly ons hoef nie daardie afstande af te lĂȘ nie


Wonder hoe oud is hierdie bome...dit is baie hoog



Alles was maar baie primitief.  So het hulle kombuis gelyk.  Terwyl ons deur die huis gedwaal het (foto bo) het ek nogals gewonder waar die kombuis area is, tot ons buite kom...hierdie hieronder is die kombuis.


Die drie kinders bekyk die lamas.


So asof onse ou Pop in daardie tyd sou aard, kort nog net die houtlepel om haar brousel te roer!




Waterpomp buite in die agterplaas van 'n huis.



'n Heerlike ou AGA stoof wat my so aan Die Vlei (Oom Kobus en Tannie Am van Fraserburg) laat dink het.


Kom nou Anel, van stoep-sit het die werk nou nog nooit klaar gekom nie!  Maar gooi maar so bietjie been, elkeen moet darem so 'n ou ruskansie kry!


Die kelder waar ons omtrent vasgehaak het...wonder hoekom!!??  Heerlike port, natuurlik my "soft-spot"!

Timbertown Winery Erwin Cellars (http://www.timbertown.com.au/timbertown-winery-erwin-cellars)



 Wonder waarnatoe hierdie ou oppad is na hy 'n draai by die kelders gemaak het?  Hoop net hy val nie van sy fiets af nie!



Cheers!





Tot die kinders kry hul glasies, druiwesap om ook aan die "wine tasting" mee te doen.


Timbertown Stalle

Vandaar is ons oppad na die stoom-lokomotief toe vir 'n rit op die stoomtrein.



No comments:

Post a Comment