Ek het die kinders se cubby house ingedra op die stoepkamer...dan kan hulle dit meer benut, veral as dit reën ook.
Die kinders het heerlik gespeel en selfs begin kos maak in hul huis...net daar en dan het Bianca besluit sy is nou lus vir 'n regte egte tea party...nou ja, toe dink ek mos gou vinnig....ongelukkig kon ek nie so gou 'n geskikte tafeldoek kry nie, en moes die Aussie vlag waarmee Ruan die oggend gespeel het, toe maar dien as 'n tafeldoek.
Ek het vir hulle 'n paar versnaperings uitgesit en bietjie koeldrank, toe is daar behoorlik gekoek-en-tee!
Friday, January 27, 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment