Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, January 6, 2012

22/12...Happy Birthday Poppelops


Baie geluk met jou 3de verjaardag Bianca! 


Ons het ons eie prinsessie se verjaardag gevier op 22 Desember - 'n volle 3 jaar oud! 

Natuurlik het ons die belangrikste opdrag gekry en gelukkig kon ons darem die partytjie wat jy wou hê vir jou gee....'n PIENK partytjie!
  
Ek en Anel het die aand voor die tyd die koek versier - nadat Pops bed toe is...dit moes 'n verassing vir haar wees.  Maar ons het so stuk-stuk aan die koek versier.  Dit was so vrek warm en bedompig - die versiersel smelt so vinnig en dan begin dit af te drup.  So, ons versier 'n stukkie, druk die koek in die yskas en dan gaan ons weer aan.  Ons moes nogals met 'n spoed die koek versier maar end goed als goed, soos 'n mens sal sê.  En na die versiering van die koek, kon ek en Anel terug staan en ons "victory dance" doen...wat dit was 'n pragtige koek.

Die pienk fairy ballerina koek

Ek het ook die eetkamer bietjie met streamers opgemaak en ballonne.  Ons het haar geskenkies saam met haar kaartjies op die tafel gesit.  So, alles was reg toe sy die oggend opstaan!  Sy was omtrent opgewonde en was sommer net na 6 die oggend op en het ons haar verjaardag begin.

 


Etienne lees vir Bianca haar verjaardag kaartjies.


Ruan help gretig om geskenke aan te dra en te help oop maak.











Sy het heerlik geskenkies oop gemaak, sommer nog so in haar pajamas!  (Dankie aan al die oumas en oupas, ooms & tannies en vriende vir die geskenkies wat julle gestuur het).

Later die oggend is ons gou winkel toe....so getrou aan haar geslag is Bianca mal oor "shopping".  Terug gekom by die huis het ons gou buite in die tuin gaan reg maak vir partytjie hou. 

Bianca het te ougat gelyk in haar partytjie rok!  Sy het nogals al die foto nemery van gehou en vir ons goeie "poses" gegee...ook net tot op 'n punt - toe wil sy darem nou eers in haar partytjie eetgoed invaar!  (Ek het die oggend al haar partytjie rok aangetrek en ons is so dorp toe...jong, daar is darem oor haar ge-oe en ge-aa in die winkel.  Een vrou vra stop sommer vir Anel en vra waar kry ons dit en of daar nog is - Anel dog toe die rok - Anel sê toe, nee, sy sal my moet vra waarop die vrou toe antwoord..."no, the whole package!!)



Saam met haar pragtige "dollie" koek, paar snacks (wat die kinders help maak het) en sommer glasies met jellie in...het die tafel sommer na 'n regte partytjie tafel gelyk.

   

Jellie glasies





Happy Birthday to you, happy birthday dear Bianca, happy birthday to you....een twee drie en die kersies is uitgeblaas en kon ons lekker smul aan die koek.









  
Ek glo onse Poppelops het 'n heerlike pienk verjaardag partytjie gehad.  

2 comments:

  1. Jong, kry ek sommer nou 'n natterigheid in die oë met daai laaste pragtige foto! Was so lekker om pops se spesiale dag met haar en jul te kon deel, when are we doing it again??? :o) :o) Verlang xxxxxx

    ReplyDelete
  2. Ag jitte!!!! BAIE oulik nig!!! 3 né! Kan nie glo die tyd vlieg so vinnig nie (miskien moet julle dink oor nóg ñ "whole package" oorweeg sodat jul dit weer kan beleef!!!) hehehehehe

    Mis julle!

    CHEERS Mate!

    ReplyDelete