Ek, Etienne, Anel en Hein het vandag gaan surf lesse neem. Kyk, nou na die tyd kan ek seker maar sê, dit is nou nie vir sussies (of mense soos ekke wat nou nie juis fiks is nie) bedoel nie hoor! Dit maak jou moeg! Die in-uit, in-uit deur die branders met hierdie plank - dan moet jy nog boon-op kop hou met 'n paar dinge...dat die plank jou nie links of regs teen die kop, been, arm...jong sommer orals, tref nie. Dan nog met die tou om jou been dat jy nie koek met die tou en plank nie! Vra my, dit het 'n paar keer met my gebeur. Dan moet jy nog kop hou om jou "pose" reg te kry om op die plank te kom en dan nog so jou balans en "one's two's and three's" tel en onthou waar om te kyk en waar om nie te kyk nie en hoe om jou voete te draai en hoe om jou bene en tone te hou...ag genade jong...ek is sommer net moeg om julle daarvan te vertel!
Maar om te sê dit was nou FUN in hoofletters - sal nie die boodskap reg oordra nie...julle sal maar self moet kom en saam surf!!! Ja, al was dit moeilik om eers die "know-how" reg te kry (wat seker nie weer sommer sal gebeur as 'n mens nie dit bly oefen nie) - was dit nou regtig pret - en dan om dit saam met vriende en skoonsus te kon doen was sommer - hoe sal 'n mens sê - die cherrie op die koek!
Nou ja, nie dat ons oud is nie maar ons is ook wragtag nie meer vandag se kind nie...ons was maar moeg na ons surf lesse maar nieteenstaande....ons het die oujaar uitgesien en ook die nuwe jaar ingesien!
Ons het ons "cooler box" gepak en pizza gaan kry en so is ons af strand toe saam met die kinders om 2012 af te wag! Ons het vir die kinders hierdie "glow-in-the-dark" armbande gekry, sodat ons hulle darem kan herken as hulle so in die donker op die strand speel! Was hulle nou gaande daaroor hoor. En nie lank nie, toe is hulle af strand toe die donkerte in. Later het hulle vir ons sommer 'n vertoning gegee van die gekleurde bewegings in die donker!
Etienne se Mojito! |
Vuurwerke op die strand |
Kinders baljaar op die strand |
Wel, die kinders het maar bietjie begin moeg raak en ons is net so na 11 se kant huis toe waar ons gou die kinders in die bed gesit het en ons toe die Nuwe Jaar in is deur die Sydney vuurwerk vertoning oor die tv te kyk!
Daarsy mense.....2012! En ons hoop vir almal sal hierdie jaar iets besonders inhou!
No comments:
Post a Comment