Terwyl ek en Anel gou winkel toe is om die nodige kruideniersware te kry het Etienne die kinders besig gehou. Hulle het gaan "forest exploring" doen. Agter ons huis het ons 'n strook woud - nogal baie handig dat 'n mens deur 'n hekkie vanuit ons tuin kan stap tot in die woud!
Gewapen met die kamera is die 3 toe op 'n ekspidisie...(nou ja, moenie vra nie maar ewe skielik het ek daardie kinder liedjie..."uit op 'n leeu jag, ek is nie bang nie...." in my kop!).
Etienne het vir die kinders gevra om allerhande interessanthede uit te wys, sodat hulle dan 'n foto kan neem om vir my en Anel te kom wys. Nou ja, toe is dit mos nou 'n allemintige ekspidiese hoor! Van die kleinste blaartjie tot die grootste blom - selfs miere en spinnekoppe. Maar moet sê dit was nou 'n oulike idee en sommer 'n leersame ene daarby.
Hier is van die fotos wat hulle geneem het. Meeste van die blomme en plante kom uit ons eie tuin uit.
Thursday, January 5, 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment