Ek moes eers bietjie vooraf beplanning doen en het die nodige goed vir ons aktiwiteit aangeskaf.
Eerstens het ons ons wit hempde uitgespoel en toe gevorm met rekkies ensovoorts om die nodige vorms aan te bring soos ons dit gedye wil hê...toe is die hempde is 'n brousel geweek vir 20minute.
In hierdie tyd het ek gou die dye aangemaak en ons "canvas" opgestel en ook my twee vernuftige kunstenaars geprep....
Toe is dit lekker verf en dye tyd jong. Bianca was glad nie skaam met haar dye nie en Ruan het met baie konsentrasie sy hemp gekleur.
Die eind resultaat.....baie baie geslaagd en sit die twee Picasso'tjies vandag elkeen met 'n unieke hemp!
Ruan se hemp |
Bianca se hemp |
Man maar dit lyk nou lekker!! I want to too!!! N xx
ReplyDelete