Vandag is ons bietjie deur na die Strawberry Farm toe. Die kinders is toe gewapen met 'n skêr en emmer om dan nou in die aarbeie in te vaar - dit was nie lank nie, toe loop Oupa en Ouma ook met 'n skêr om te pluk! En net toe ek my rug draai en ek kyk weer, daar is Etienne ook hard besig om te pluk - maar met 'n plan - daar gaan dan aarbei konfyt gekook word van ons oes!
Na die geplukkery het ons eers bietjie in die kafee gaan ontspan met 'n koeldrankie en koffie en ook vars gebakte skons met die plaas se aarbei konfyt.
Terug by die huis, word die vars aarbeie bewerk en konfyt word gekook.
En siedaar, ons eie konfyt!
No comments:
Post a Comment