Daar is ons toe soos die oumense sou sê in konvooi - met twee motors die boendoes in. Die area is asemrowend mooi ten spyte van die bewolkheid en so nou en dan ligte reën.
Die plek waar ons gaan kamp het is Knorrit Flat Riverside Retreat (http://www.knorritflatrr.com.au/) - was heerlik stil en rustig en was daar net nog 'n ander staanplek met mense - wat kan jy glo - toe uitkom ook Suid-Afrikaners is! Gelukkig het ons nie te hard geskinder nie, en wat ons wel geskinder het, was darem nie erg nie!
Nou ja, na kamp opslaan en regkry kon ons toe darem bietjie die kampplek verken - nie dat daar veel was nie - wat jy sien, is wat jy kry - maar dit bly baie mooi daar. So op die wal van die rivier. Die kinders kon hulle darem besig hou met hul fietse, 'n sandput en 'n swaai en verder kon hul gaan waar hul wou - natuurlik net nie die rivier sonder een van ons grootmense nie!
Nou ja, aangesien daar so bietjie baie fotos van die kamp is, sal ek die post maar verdeel. Ek sal bietjie van ons kaskenades op die rivier ook post en dan 'n ander post oor ons nagtelike besoekers. Maar hier is vir eers paar fotos om te wys hoe lyk die kampplek daar by Knorrit Flat.
Kamp opslaan |
Sien, ek help ook!!! |
Slaan solank die vuurtjie aan vir aandete |
Ons kombuis |
Daarsy, ons kamp is reg |
En die apies kom uit om te speel! |
Hiert, ek sien vir jou!!! |
Nou ja, die boeing is oor, so toe gooi ons die dop!
Die kinders geniet die rond en bont hardloop en verken!
Die mooiste sonsondergang!
En aandete is amper reg...
Vinger aflek, lekker!!
No comments:
Post a Comment