Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, January 19, 2013

Santa Clause is coming to town!

Ek weet nie hoe het dit gekom dat Ruan nie meer in Kersvader glo nie...seker maar omdat hy gedurende die jaar (wanneer ek stelselmatig begin kersgeskenke koop en in die kas wegsteek) - saam met my in die winkels is, en dan sien met Kersfees kry hy die geskenk wat ek een keer op 'n tyd gekoop het ... of dit kan wees dat laas jaar (2011) teen hierdie tyd die kersboon al toe was onder die kerspakkies en hierdie jaar - geen pakkies!

Nou ja vandaar glo Ruan nie meer in Kersvader nie - en ek reken toe, met so 'n jong kind moet hy nog in die wonder van Kersvader glo - soos ons ook  toe ons nog kinders was.

Ek kry toe dat Kersvader vir elkeen van hulle 'n persoonlike boodskap email wat ek toe vir hulle gespeel het en ek het toe gereël dat Kersvader die pakkies bietjie vroeër kom aflewer sodat ons dit onder die boom kan sit.

En die aand sit ons nog so en gesels en ewe skielik lui die voordeur klokkie met 'n harde HoHoHo - dit kinders kyk nog so ewe vir mekaar en toe is dit  'n wedloop voordeur toe.  Waar hulle toe hierdie pakkie voor die deur kry!  Maar eers word daar gekyk of hulle nie nog vir Kersvader kan vang nie, maar Kersvader was te vinnig weer in die pad om nog geskenke te gaan aflewer.

Ag, dit het gewerk julle!  Na die persoonlike boodskap waar Kersvader vir Ruan noem dat hy die pakkies gaan kom aflewer, en met die boks wat hulle toe op die voorstoep kry - is Ruan se vertroue in Kersvader weer herstel!





No comments:

Post a Comment