Life is either a daring adventure or nothing.

Friday, January 25, 2013

24/12/2012

Ons het bietjie deur gery South West Rocks toe om die omgewing vir my ouers te gaan wys.  Dit was maar baie besig met al die vakansie gangers.  Ons het heerlike hoender en chips by die kafee gekoop en langs die strand gaan piekniek hou.  Die wind het maar baie gepla, al was dit vreeslik warm!

Na middagete het Etienne en die kinders bietjie gaan afkoel in die branders.




 
 
Die middag by die huis het ons versnapperinge aan mekaar geslaan. Ons het vir my ma (en Etienne) vye by die winkel gekoop - het eers na die tyd besef hoe duur ons vir daardie vye betaal het!! As ek nou reg onthou was dit so om en by R25 per vy!




My Ma geniet haar verbode vrugte...LOL!!!

No comments:

Post a Comment