Life is either a daring adventure or nothing.

Thursday, January 10, 2013

Billabong Koala and Wildlife Park

Nou ja aangesien my Ma genoem het dat sy baie graag 'n Koala sal wil aanneem...het ons hulle geneem na die Billabong Koala Park - naaste wat sy gaan kan kom aan 'n lewendige Koala (maar nou moet ek ook noem hier dat hulle baie gelukkig was met die "spotting" van wilde Koalas - veral rondom Ruan se skool)





Pa maak dubbel seker die son brand hom nie...wat doen 'n mens as die kind nie die hoed opsit nie...plak die hoed op jou kop - maar toe die son nou regtig begin praat, toe het Mr Ruan nie 'n keuse gehad om sy hoed op te hou nie!


Die Manne!


Jong, hierdie swart swaan is gevaarlik! Etienne, en ek ook, het ons alies afgeskrik vir die hierdie mamma wat maar net haar kinders beskerm - ek het tot die mamma bestook met die bietjie kangaroo kos wat ek oorgehad het - net sodat sy my moes uitlos!






Die kinders is absoluut gek daaroor om die kangaroos en wallabies kos te gee.





Ons was baie gelukkig om hierdie mamma met haar klein joey te sien, die kleintjie het self ook saam geeet.




Die eerste keer wat ek albino kangaroos sien.




Ma het die koalas baie geniet.











Die Swart Cockatoos wat baie skaars is hier - maar ons was die afgelope maand baie gelukkig om heelwat van hulle te sien en te hoor - hulle klink baie na aan 'n visarend.







By die Dingos, dit was baie besig en het ons gesukkel om fotos van hulle te kry.


Ek en my Poppelopsie...


Ruan het vir Oupa die Wombats gaan wys.



Hierdie kuiergaste wat in die kafeteria rond dwaal.

No comments:

Post a Comment