Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, January 19, 2013

Bianca word 4!

Onse Poppelop verjaar en word 'n volle 4!!  Sjoe, maar ons het omtrent oog geknip en toe is ons kleine meisie mens sommer so oornag 'n groot nooi.

En dit is die eerste jaar wat ons vir haar 'n partytjie gee waar sy weet wat aangaan en ook die maatjies daar het, vir wie sy gesê het ons moet uitnooi.

Sy het 'n heerlike dag gehad en haar partytjie baie geniet.  Ek het self die koek gebak maar ook soos laasjaar vreeslik geslukkel met die versiersel wat so smelt in die hitte - na elke stukkie se versier is die koek eers terug yskas toe en so gaan ek aan tot die koek klaar is.  Ek het haar partytjie gehou by Kids Crazy Maze waar die kinders heerlik kon speel en ek dan net hoef te gesorg het vir die koek - verder het die plek alles self gereël.  Kyk ek het 'n groot plek, maar vir 11 kinders en om hulle besig en aan die gang te hou, is my plek bietjie te klein!  Maar dit was geslaagd en die kinders het vreeslik lekker gespeel.

Die kasteel koek vir 'n prinses partytjie



4 Oliviere



En hier word daar gewys hoe oud ons vandag is!



Heeeeee!!!!













Pass the parcel








Lekker lag sy!



Tyd vir die koek!  Een twee drie...blaas!  Kyk hoe vol "magic" is die foto waar sy haar oë toe knyp terwyl sy haar kersies dood blaas - hoop haar wens word waar!


Volgens Bianca is Maddox haar boyfriend!




Bianca, ons verjaardagnooi - mag al jou drome waar word!  Baie geluk met jou 4de verjaardag xoxo

No comments:

Post a Comment