Hhmmm, kamp ontbyt |
En Bokkie gaan saam kamp! |
Dit was nou heerlike pret - behalwe tot my binneband wegdryf na die oorkantse oewer toe, terwyl ek probeer om my skoene te red - en nee, geen genade van ou Olivier af nie, ek moes maar self my band gaan kry...end goed als goed! Etienne en Ruan het ook rivier af bietjie met die bande "gecruise"
Terug by die kamp en gou tyd vir middagete - 'n eerste vir die kinders - regte kamp jaffels! Kyk, as jy sien Ruan eet met soveel konsentrasie en die wêreld kan om hom vergaan, dan moet jy weet, hy eet heerlik!!!
Die kamp kok! |
Na 'n heerlike dag van swem ontspan ons 'n bietjie by die kampvuur die aand.
No comments:
Post a Comment