Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, January 28, 2013

Pilot Beach 28/12/2012

Ons het die kinders bietjie uitgeneem vir 'n swem na Pilot Beach (http://www.visitnsw.com/destinations/north-coast/port-macquarie-area/laurieton/attractions/pilot-beach) toe. Pilot Beach is in die Laurieton omgewing wat so om en by 30km van Port Macquarie af is.

Ons het vir die kinders 'n opblaas krokkedil en bootjie gekoop om heerlik mee in die see te baljaar.  Die strand is tussen twee "break walls" geleĆ« wat dit 'n heerlike swem strand maak aangesien daar bykans geen branders is nie.



 
 
Die kinders het heerlik baljaar en ook gewys wat Boertjies met 'n soutwater krokkedil maak - stoei hom tot hy moeg is!!






Die kinders moes maar baklei om 'n beurt met die bootjie te kry aangesien Etienne gedink het dis eintlik vir hom!


No comments:

Post a Comment