Die volgende oggend terwyl ek terug loop van die badkamer af, vang my oog ons kamp kombuis en die gat in ons "pantry" - eerste gedagte was natuurlik die brush turkeys (http://en.wikipedia.org/wiki/Australian_Brushturkey) wat die vorige aand te mak probeer raak het, en te naby aan ons kombuis wou kom! Wraggies ja, daar is 'n gat deur die gaas gevreet en die hele een brood is op!!! Sulke wetters!!
En so verloop die dag en ons besluit om dan maar die meeste van die kosvoorrade in die tent te bêre. Die aand terwyl ons braai loop ek gou weer 'n draai badkamer toe en met die terug loop sien ek iets wat vir Bianca van agter bekruip, terwyl sy op haar kampstoel sit en eet!
Ek roep toe vir Etienne wat toe kom ondersoek instel en wraggies...so mak soos 'n lam 'n paar brushtail possums (http://en.wikipedia.org/wiki/Common_brushtail_possum)! Maar hulle is omtrent cheecky en kom so naby om te kom aas. Natuurlik het Bianca groot geskrik en wou toe verder niks weet van alleen sit nie en het toe nader aan Ouma hulle geskuif.
Natuurlik was dit toe die possums wat ons kosvoorrade so aansienlik verminder het die vorige nag en ook skade berokken het aan ons kombuiskas!
Hulle is wraggies so mak, dat hul skoon stukkie kos uit Etienne se hand kom neem het. Na die ontmoeting met die cheeky possums het ons besluit, beslis trek die hele kombuis by die groot tent in!
Ook maar goed want die klompie het toe behoorlik kom snuffel daar in ons kombuis. En daar is 'n cheecky possum wat goed weet om nie van 'n Suid-Afrikaner te steel nie - want so tipies Suid-Afrikaanse reaksie - my pa wat sommer die een possum 'n warm klap gee toe die possum weer iets probeer gaps!
Tuesday, January 15, 2013
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment