Ons het ons piekniek kombersie en stoele uitgepak en Etienne het begin om die visvang goed reg te kry. Die kinders was vreeslik opgewonde.
Al is Ruan siek met mangelontsteking het ons gedink die uitstappie sal hom goed doen, en hy het baie lekker baljaar in die water en was baie trots dat hy weereens voor sy Daddy 'n vis gevang het!
Bianca was ook vreeslik in haar noppies met haar vis wat sy gevang het - al het Daddy die inkatrol en uithaal van die vis gedoen.
Ruan se groot knewel wat hy gevang het! |
Dit was 'n baie geslaagde vis-ekspidisie! Etienne se resep vir aas het goed gewerk. Ons het opgehou tel om en by 8 visse en toe het Etienne naderhand maar net gevang! Daar het naderhand so 'n klein skare mense kom kyk na al die vis wat Etienne uittrek - natuurlik het ons die visse weer teruggegou in die dam. Ek sê nogals vir Etienne, kyk as Middelburg se Observer daar was, sou hy sekerlik vandag in die koerant gewees het....iets soos..." Plaaslike piekniekganger se kerrie muti werk vir die groot knewels...."
Kyk die "pose".... |
Ruan sal altyd 'n stok vind, maak nie saak waar hy is nie!! |
Dit was 'n heerlike gesinsdag uit en ons het lekker ontspan en die kinders het die parkie net so baie geniet - veral die swing.