Life is either a daring adventure or nothing.

Sunday, September 11, 2011

NZ Hols (Thu 25/08/11...Day 5)...Part 3

Ons eerste stop was in Waitomo by die Glowworm Caves...(http://www.waitomo.com/waitomo-glowworm-caves.aspx).


.....Net so bietjie inligting in verband met die "Glowworms"......

By die Waitomo Glowworm Caves is daar duisende "glow worms" wat 'n mens kan kry in die grot.  Hierdie wurms is uniek en kom net in New Zealand voor.  Die biologiese naam is Arachnocampha luminosa - Arochno - wat spinnekop-agtig beteken - wat betrekking het om die manier hoe die wurms insekte vang met hul "sticky lines" - nes spinnekoppe met hul spinnerakke.  Campha beteken larwe en luminosa beteken "light producing.

Waitomo is a Maori woord wat deur 2 woorde saamgevoeg is...Wai wat beteken water en Tomo wat ingang of gat beteken.  Waitomo kan vertaal word as die "stroom wat vloei in die gat in die grond".

Die Waitomo Glowworm Caves was verken in 1887 deur die plaaslike Maori Chief Tane Tinorau wat vergesel is deur 'n Engelse landmeter Fred Mace.  Plaaslke Maori volk het geweet van die grotte  maar die grotte is nooit verken nie as gevolg van 'n Maori geloof dat oorledenes se siele of geeste vanaf die grotte weer kan terug keer.  Maar ekonomie en 'n stygende toerisme belangstelling in New Zealand het gemaak dat die Maori Chief die grotte ingegaan het om dit te verken - en wat hy toe daar vind is duisende klein liggies op die ceiling van die grot.  Nou ja, na 'n paar keer se teruggaan en verken het hulle begin om publiek op toere deur die grot te neem.  In 1904 het die regering die administrasie van die grotte oorgeneem en in 1990, amper 100 jaar later is die land en die grotte terug gegee aan die afstammeling van die oorspronklike eienaar - Tane Tinorau.



Sticky Spinnerak waarmee die wurms insekte vang


Foto van toergroep - toe die toer verby is en ons uitkom uit die grot uit.


Ons was nou nie toegelaat om enigsins fotos of video binne die grotte te neem nie maar kon darem so paar neem buite rond.











No comments:

Post a Comment