Waitakere Ranges Regional Park ... (http://en.wikipedia.org/wiki/Waitakere_Ranges)
Dinsdag het ons bietjie deurgery na die Waitakere Regional Park toe. Die natuurskoon is pragtig en dit is baie boomryk. Ons het ook besef hoekom die Silver Fern New Zealand se simbool is - daar is 'n magdom ferns oraloor.
Oppad soontoe het ons gestop by die Arataki Visitor Centre - die beste informasie sentrum of visitor centre wat ek nog gesien het.
Terwyl die volwassenes ronddwaal en informasie inwin is daar 'n hele hoek in die sentrum wat toegerus is met opvoedkundige speelgoed vir kinders. En die hele sentrum is baie kunstig toegerus.
Saturday, September 10, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment