Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, September 12, 2011

NZ Hols (Thu 01/09/11...Day 12)

Donderdagoggend het ons besluit dit is tyd vir die manne se kayak avontuur - maar daar aangekom, moes ons hoor dat hulle niemand uitlaat op kayaks in die hawe nie as gevolg van die weer - sterk winde.

Baie teleurgesteld moes ons dink wat om anders te doen....en ons besluit toe....Auckland Zoo....hier kom ons!!!  (http://www.aucklandzoo.co.nz/)

Ons het eers gestop vir 'n heerlike ontbyt by Takapuna Beach (http://en.wikipedia.org/wiki/Takapuna) vir lekker koffie en Egg Benedict...lekker...en die kinders het gesmul aan heerlike pannekoeke!



Groot meneer eet met mes en vurk!


Vandaar is ons deur Dieretuin toe.














Monkey Bianca




Spinjapies kyk na die spinnekoppe






By die meerkatte was daar ondergrondse tonnels waardeur jy kon kruip en kyk na die meerkatte - die kinders het dit nou baie opwindend gevind - maar ek het nogals benoud geraak want dit was baie besig met skoolgroepe ook.









Daar is orals sulke mooi plakkate wat verander as jy in verskillende rigtings vir dit kyk...baie goed gedoen.




Daar is ook 'n heerlike speel park vir die kinders.





En 'n heerlike gly - Bainca was mal daaroor - dit het baie skrikwekkend gelyk - uit hierdie mamma se oogpunt uit!  Maar Bianca het haar nie juis daaroor gekwel nie!

No comments:

Post a Comment