Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, September 10, 2011

NZ Hols (Tue 23/08/11...Day 3)...Part 3

Vanaf die Karekare Falls is ons deur na Piha Lion Rock (http://en.wikipedia.org/wiki/Piha).  Daar is 'n ander waterval wat ons gaan besigtig het - die Kitekite Falls - Knutzen Track.

Voor ons die loop na die waterval begin het, het ons eers 'n middagete-broodjie geeët by die piekniekarea. 

Weereens is ons nie teleurgesteld met die mooi natuurskoon nie - en tipies aan Ruan se aard, het hy net geloop en soek na 'n stok of 'n klip! 

Van die oorblyfsels van die groot bome (Kauri's)

Add caption









Die stappie boontoe na die waterval toe was nogals langer en steiler as wat ons verwag het - so om die terugtog bietjie korter te maak en ons dit maar al singende gedoen - maar toe die klomp agterkom ek neem hulle af, het hulle ewe skielik "stage fright" gekry - ook net tot ek die video kamera gebêre het en saam gesing het!



Nou ja, noudat ons almal lekker warm gestap is, het ons bietjie by Lion Rock strand gaan speel!










No comments:

Post a Comment