Vrydag 19 Augustus 2011 het ons toe deurgery van Wagga af Sydney toe. Maar die dag het begin waar ons eers vir Benji by sy "doggy hotel" gaan aflaai het. (Hier wil ek sommer inlas voor ek dalk vergeet.....toe ons weer vir Benji na die vakansie gaan haal het, het ons hom amper nie herken nie!!! Hy het so lekker rond geraak. Seker aan die min oefening omdat die kinders nie daar was om hom rond te jaag soos gewoonlik nie!! En hy het ook 'n bynaam gekry.....Mouth from the South!! Blykbaar is hy nogals baie "bekkig" met die ander honde gewees!)
Nou ja, in Sydney aangekom het ons by Hein en Jolene hulle oornag en Hein het ons toe die Saterdagoggend by die lughawe gaan aflaai. Ons was lekker op tyd en ons 2 ure voor die tyd vir internationale vlugte by ons check-in toonbank. Sjoe, wat 'n wag in daardie ry om voor uit te kom! Ons het seker maklik die volle 2 ure net in die ry gestaan. Ons moes darem drafstap om betyds by die vliegtuig te kom! Maar ons het die darem toe in tyd en in een stuk gemaak. Die kinders natuurlik was mal oor die hele ekspidisie! Ruan sommer reguit vir hom die venster sitplek geannekseer!
Die vlug New Zealand toe duur so om en by 3 ure en hou ook ingedagte dat New Zealand dan nog 'n verdere 2 uur tydverskil van Australie het - as ek reg onthou is hul dan 10/11 ure verskil van Suid-Afrika.
Kia Ora Aotearoa
(Hi! G'day New Zealand in Maori)
New Zealand (Auckland).... http://en.wikipedia.org/wiki/Auckland
Nou ja, op Auckland lughawe aangekom is daar toe geen teken van Heidi-hulle nie.....oh dear..... maar nietemin ons moet nog eers die car rental gaan kry. Toe ons so in die ry staan by car rental sien ek vir Heidi doer vêr aankom. Ai jai, hul karsleuterls was toe opsoek!
So ja, kar gekry, karstoeltjies (ons het sommer ons eie saam geneem) ingesit, GPS aan....en daar is ons oppad.
Ons het so deur die loop van ons kuier daar so bietjie fotos van Auckland geneem - meerendeels maar net die Auckland Tower.
En natuurlik het ons gebraai ook (nou nie ons eerste dag al nie aangesien ons donker daar aangekom het) - dit nadat die 2 manne 'n halfdag gevat het om die braai aanmekaar te sit!!!! Job well done manne, want die vleis braai was lekker!
No comments:
Post a Comment