Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, September 26, 2011

Sushi!

Toe ons in NZ gekuier het, sushi vir middagete gekry.  Jong, net om na al die kleurryke sushi te kyk maak jou mond sommer water....wie het nou gesê jy eet net met jou mond en maag...nee alla wêreld, jou oë eet sommer saam - as kos mos vir jou mooi lyk, sal mos dit mos mooi proe ook!!!  Ek bedoel lekker proe!

Ek het toe nogals 'n smaak ontwikkel vir die kos jong - dis nie almal wat van sushi hou nie, maar ek moet sê ek hou nogals daarvan!

Terug in Wagga het ons by 'n ander plek een keer sushi gekry en so paar dae daarna is ons lus vir sushi vir middagete...nou ja, in die supermark, besluit ons toe, nou hoekom probeer ons dit nie self maak nie!  Nogals 'n uitdaging as jy nog nooit vantevore so iets probeer het nie.

Wel, ek het toe maar ingespring en so in my onkunde (ons het darem 'n boek gekoop oor sushi maak...maar as jou maag nou kos soek is daar mos nie tyd om 'n boek te bestudeer nie....veral nie in 'n Olivier huishouding nie....!!)

My eerste probeerslag was geslaagd - al het dit nou nie so kunstig gelyk soos die wat jy in restaurante kry nie...maar ek was nogals in my noppies.

Nou sal ek net moet aanhou totdat ek die kuns bemeester het!



No comments:

Post a Comment