Life is either a daring adventure or nothing.

Saturday, September 10, 2011

NZ Hols (Sun 21/08/11....Day 1)

Sondagoggend het ons opgestaan na nie baie goeie nagrus nie.....ja jong, daar vrek ons van die koue in Auckland!  Nie dat dit so erg koud was nie maar aangesien ons op opblaasmatrasse geslaap het op die houtvloere in 'n huis wat nie juis goeie insulasie het!  Daardie koue het reguit vanaf die vloer opgetrek dat ons gebibber het van die koue. 

Maar niks wat daardie koue kon verdryf soos 'n regte koppie boeretroos en stuk tuisgebakte beskuit nie!  Ja, ek was nou so oulik en het vir ons beskuit gebak wat ons saamgeneem het.



Vandaar is ons deur na Long Bay - 'n uitbreiding van Auckland waar 'n baie lekker strand is.  Langs die strand by die piekniek area is 'n baie lekker speel parkie.  Die kinders het lekker in die parkie gespeel waarna ons strand toe is - kan mos nie die Olivier kinders van 'n strand afhou nie!!    





Twee dassies in die son....Andrè & Heidi

Niks so lekker soos 'n natuurlike modderbad nie! (Sien hoe donker die sand is....dis as gevolg van die vulkaniese aktiwiteit wat die aarde verweer het.)


Bianca durf die koue water saam met Ruan aan.


Na 'n lekker speel op die strand het ons gaan piekniek hou.



No comments:

Post a Comment