Life is either a daring adventure or nothing.

Monday, September 19, 2011

Go Bokke...Down Under!!!

Soos dit tradisie in die Olivier huis is, volg ons getrou onse ou Bokkies...en nou met die Wêreld beker moet ons natuurlik ons ondersteuning wys!

Dis nou hoe ons wys waar die hart lê!!! 


Hier kry 'n mens nie die "window socks" soos in Suid-Afrika nie - gelukkig het ons "gewapen" gekom en kom dit nou handig te pas.  Gelukkig het ons kar darem nog nie iets oorgekom soos 'n gebreekte venster of krapmerke as gevolg van daarvan nie!



Etienne het ook gesorg dat ons darem 'n goeie voorraad biltong en chillie bites het vir die rugby!  Hier het hy dit nou net klaar voorberei en is dit reg vir ophang.




Wel, een ding is verseker...hier gaan ons die rugby geniet...

GO BOKKE GO!!!!!!

No comments:

Post a Comment