Hier in Australia werk dit nie soos in ander lande waar jy net jou bestuurslisensie kan omskakel nie....nee, jy moet gaan vir die hele storie - leerlinglisensie en dan weer 'n bestuurstoets. En as jy jou PR kry het jy net 3 maande om dit dan te doen. Maar aangesien my SA lisensie die 13de September 2011 verval het - moes ek maar vinniger inspring en dit agter die rug kry.
Ek het toe my leerlinglisensie gaan doen en dit darem die eerste keer gekry - ek meen - as jy na hoeveel jaar van bestuur nou weer moet terug gaan na die "basics" - dit kan nogals 'n storie wees!
Intussen is ons met ons vakansie na NZ en met die wete dat as ons terugkom, moet ek die Vrydag my bestuurstoets gaan doen.
Nou ja, toe ons terug is in Wagga het ek by 'n bestuurskool 'n les gaan neem...net om my weer te verfris met die reëls en al daai tegniese goed! Ek het ook gereël dat ek met een van die bestuurskool se motors die toets doen aangesien ons motor 'n automatiese motor is. Ek het gehoor dat as jy jou toets met 'n automatiese motor doen jy dan net met 'n automatiese motor mag bestuur - maar aangesien ek my lisensie vir 'n goeie paar jaar al gehad het, was dit toe nie nodig nie. Maar te laat om te verander het ek toe die toets in 'n ratkas motor gaan doen - wat maar soos fietsry is, dit kom vinnig terug na 'n mens toe om ratte te verander! Gelukkig geen oepse gemaak nie!
Ek het maar bietjie opgestres omdat ek geweet het dit is "do or die" aangesien my SA lisensie net oor 'n paar dae verval...maar gelukkig het alles goed gegaan en vandag is ek volwaardige wettige Aussie bestuurder! Sjoe!
Thursday, September 15, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment